Welkom
Hello Daar
Quentin Prinsloo het reeds ‘n duidelike voetspoor op die Suid-Afrikaanse Musiekbedryf se spreekwoordelike yellow brick road getrap, en sy nuutste album, Reën Oor My, bewys dat hy met elke nuwe treë vorentoe, nader aan die hoogste kruin kom.
Op Reën Oor My, wat 11 uitstekend-gepoetste liedjies bevat, is dit duidelik dat Quentin sy eie stem en styl gevind het. (So van stem gepraat: Quentin se vokale vernuf op die album is meesterlik.)
Die knap speellys is ‘n deurdagte en gebalanseerde snoering met fyn balans tussen energieke ritmes en roerende ballades. Die album weergalm van luistervriendelike, kontemporêre genot.