Back to blogs+

Blogs

Waar woorde

LEES ' N BIETJIE DIE MAN SE WARE WOORDE:

Wees altyd dankbaar vir alles wat jy het en lewe eenvoudig. Hoe minder
goeters jy het, hoe minder wharries het jy ..en hoe lekkerder slaap jy!

Wees onvoorwaardelik lief vir jou gesin en familie en aanvaar elkeen
presies net soos hy/sy daar is ...vriende kan jy kies, familie nie!

Moenie toelaat dat jou brein muf met 'issues' soos
onvergewensgesindheid, skuldgevoelens of grudges nie ...sorteer alle twak
uit nog voor die son sak!

Hardloop jou lewens-spiedomitir in die rooi ..help waar jy kan en
lewe voluit terwyl jy nog lewe in jou het ...'use it - or lose it'!

Geniet die eenvoudige dinge. Die 'image'-goed en 'keeping up with the
Jones' is sommer 'n pot snot ...hulle (die Jones') sit in elk geval nou in
Ozzie. (of USA of UK- ma hulle's ongelukkig Family so daa's no getting rid of them)

Al wys die 'replay' duidelik dat hy verkeerd is ...maak vrede met die
ref se beslissings en jy sal dadelik beter voel! -

Vermy bedompige gyms wat stink na yuppie-spray waar hooter-neuse in
snaakse Star Wars klere soos hamsters op gevriesde fietse sit en trap .kry
oefening deur te gaan stap langs die see of in die veld of 'n rêrige fiets
te ry ..doen iets in die buitelug, maar moenie in die strate op en af draf
nie, dis 'common' en maak ander mense skuldig voel.

As jy 'n 'no-name brand' T-Shirt sien wat jy laaik, koop dit ....na
moer met die name-goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie - solank dit
net gemaklik pas.. Laat andere maar hul geld mors op goed wat hulle vals
selfvertroue in hul eie plestiek-wêreld gee!

Lag dikwels .....lank en lekker, dit hou jou gesond! Haal diep asem,
drink meer water as wat jy moet en kou jou kos fyn. Eet meer van die goed
wat mens pluk of uit die grond grawe.

Behou jou grapgat vrinne en vermy die suurgatte ..hulle is
'demoralising' en trek jou af na hulle vlak.

Jou huis is jou plek en daar leef jy soos JY wil, to hell met die
snobs ..en die beste kar is die een wat klaar betaal is!

Stel God EERSTE en alle ander goed sal self in plek val ...hê geloof!

Sê vir mense dat jy vir hulle omgee en liefhet.....môre trek jy dalk jou hout-jas
aan, dan's dit te laat!


Share it!


Please login to comment

Meet the Blogger

More From this User