Back to blogs+

Blogs

My eie Drome

“Jy kners jou tande Li, hou op”. Dis wat ek in my aande hoor. Ek word elke keer wakker wanner jy iets sê andersins sal ek net aanhou droom sonder onderbrekings. Maar jy dink jy doen my ‘n guns, dat jy iets verbeter in my lewe, dat jy iets verhoed, of dat jy dink dis verkeerd en probeer om dit te verminder in my lewe, of sal ek sê jy dink daars iets verkeerd met my. Jy het al reeds genoem, een aand dat “Jy weet nie hoe om te droom nie en ek sal jou wys hoe om te droom. Dis hoekom jy nie lekker slaap nie en so besig is in jou drome; omdat jy nie weet hoe om te droom nie”.

Wel, ek luister altyd die eerste keer na ‘n nuwe idea en dan gaan check ek vir myself hoe die storie staan. Ek sal natuurlik nie weet of jy weet hoe om te droom nie, maar hoe in de hel sal jy dan eers kan weet dat ek nie weet hoe om te droom nie? Behalwe dat jy al saam met my gedroom het en daarom weet jy. Ek is seker jy het al, alhoewel ek nie eintlik kan onthou nie, maar ek onthou diep binne by dat ons een aand saam was en dat jy my gewys het, dinge wat ek nie kan vertel nie.


Dis my Jo. My liefste Johannes, die Roos met die dorings, groot dorings, wat nie steek nie; net dryg.


Jy slaap, soos gewoonweg
30 April 2008, 02:22 pm
Hout Huisie, De Wildt


Share it!


Please login to comment

Meet the Blogger

More From this User