Back to blogs+

Blogs

Koos is darem REGTIG oordentlik!!

Koos werk by 'n Dokter. Die Dr. sou die dag uitstedig wees en vra
toe vir Koos om 'n ogie te hou oor die pasiënte. Die volgende dag kom die
Dr terug en vra vir Koos hoe dit toe gegaan het met die pasiënte. Koos sê
daar was drie pasiënte wat hy gehelp het en die Dr vra toe hoe hy hulle
gehelp het en hy sê :

Die eerste pasiënt het ingekom met 'n lelike hoes
en toe gee hy vir hom Benelyn vir die hoes.

Die tweede pasiënt het ingekom
met 'n vreeslike allergie en toe gee ek vir hom Allergex. Die Dr was baie
beïndruk en vra wat van die derde een.

Nee, sê Koos daar het 'n dame
ingekom, haar kaal uitgetrek en op die ondersoek tafel gaan lê en vir hom
gesê : 'Ek het vier jaar laas 'n man gesien ''O Hel' sê die Dr 'En wat
doen jy toe, Koos? ''Nee', sê Koos 'Toe gooi ek vir haar Eyegene in haar
oë'!!!

Share it!


Please login to comment

Meet the Blogger

More From this User