Back to blogs+

Blogs

Haatspraak: Hoe nou gemaak?

Die ANC Jeugliga se uitlatings saai ‘n tipe onmin wat ons nie nou nodig het nie.

Ek is ‘n baie trotse Suid-Afrikaner. Ek geniet die verskillende bevolkingsgroepe en ek dink ons is almal ryker, beter mense omdat ons die voorreg van ware diversiteit daagliks leef. Ek wil ons natuur beskerm, ek wil belasting betaal sodat alle burgers lopende water en elektrisiteit kan hê, en ek wil hard werk sodat ons ekonomie kan groei en ons in staat kan stel om ons kinders te voed en te klee.

So dit maak my (en ‘n groot klomp ander wit, bruin en swart mense) vies as iemand soos Malema so verskriklik opruiend is. “Vermoor die boere, hulle is verkragters”. Sjoe. Dit mag dalk waar gewees het so paar dekades terug, maar dis nou sommer onnodig om sulke uitlatings te maak.

Wat my tog bekommer is die feit dat dit wil blyk asof daar ‘n groot klomp mense is daar buite wat met Malema saamstem.
En dit laat my wonder, mis ons dalk iets? Is daar erens ‘n taal/kommunikasie/telefoontjie probleem? Want die man is ‘n mondstuk vir miljoene en op die oomblik lyk dinge nie baie goed vir ons vetgevoerde, oorgemaklike middelklasse nie.

Aan die een kant voel ek half dat die oorgrote meerderheid van ons land beslis rede het om te kla. Die rykdom van die land is steeds in die hande van ‘n baie klein groepie en daagliks kripeer miljoene.

Maar aan die ander kant weet ek ook dat die sosiale en ekonomiese probleme in ons land tyd en samewerking gaan vat om te genees – nie woede en haatspraak nie.

Dit maak in elk geval nie saak hoe jammer ek die armes, en die onopgevoedes en die moedeloses kry nie. As die rewolusie kom is ons almal diep in die sop.

Share it!


Please login to comment

  • Haha... Kry jy dit nou eers?? Sjoe maar is die haarkleur regtig rooi? Jy is bietjie stadig nè? Dis OK, dis seker die ouderdom wat die oorsaak is...

    Groetnis, dit was my laaste boodskap, ek het genoeg gesê...
    awbyl - Posted 26 months ago
  • O! AWBYL I get it. *hang my kop in skaamte om 'n taal met jou te deel*
    lili - Posted 26 months ago
  • @ Galoopy,

    Ek het jou so kwaad gehad dat jy skoon vergeet het wat JY lees... So word JY wakker Galoopy... Kyk mooi na wat ek jou genoem het, voor JY boodskappe op my bladsy los! Ek het jou naam met n P geskryf en nie met n B soos jy aantyg nie... Ek sou ook eers na jou profiel gaan kyk het, maar dis as "PRIVAAT" geblok, hence ek kan nie na jou profiel kyk nie...

    So voor jy weer jou bloeddruk opjaag en rooi sien en nie kan lees nie, sluk jou pilletjie en dan lees jy weer wat ek JOU genoem het! Asook dat niemand in JOU profiel kan in gaan nie...

    Ek het die AWBYL naam as skuilnaam gebruik omdat daar mense is wat pro-ANCYL is... So ek het dit gedoen as n spot! Ek stem ook nie AWB nie, ek respekteer wel ET, maar nie sy party nie!

    So maak Oom se profiel oop vir my dan sal ek daarna gaan kyk!

    Groetnis van die AWBYL!!
    awbyl - Posted 26 months ago
  • @ Galoopy... Jy is seker n ANC Malema aanhanger, dis hoekom jy ook saam met haar stem ivm die Boere wat dekades gelede swart vroue verkrag het...

    Ek et klaar gepraat!!!
    awbyl - Posted 26 months ago
  • Lili die awbyl lees net die helfte van jou blog en glo wat hy wil hoor nie, wat hy lees nie somige van ons verstaan wat jy se hou so aan
    galoopy - Posted 26 months ago
  • Kom ons verstaan mekaar gou-gou mooi hier... Ek's nie jou vriend nie!

    Ek het groot geword in die apartheid's jare, dus het ek ondervinding van dit en weet ek ten minste waarvan ek praat. Nie soos jy wat se jy is glo 29 jaar oud, maar weet nie waarvan jy praat nie. Gaan doen gerus jou skool geskiedenis oor of gaan vra die blanke mense/mans eerder voor jy aantygings gooi oor wat DEKADES terug gebeur het.

    EN JA JY HET... indirek van my en my familie gepraat, sodra jy van blanke Boere praat, praat jy van ons!! Ek weet nie waar jy vandaan kom nie, maar gaan gerus terug daarna toe, want van die blanke Boere geskiedenis weet jy freaking min!!

    So dink eerder volgende keer voor jy klomp snert kwyt raak waarvan jy niks weet nie!!
    awbyl - Posted 26 months ago
  • Beste Awbyl,
    <p>
    Ek het nooit gesê jy of jou pa of jou oupa was verkragters nie. (Ek raak nie graag persoonlik met anonieme mense nie) Maar as jy jou huiswerk doen en bietjie oplees oor wat in hierdie land gebeur het (buite die sirkel van jou eie familie) en waarlik met mense wat onder Apartheid gely het begin praat sal jy dalk jou storie verander. <p>
    Haal die skille van jou oë af my vriend. Haha, en dankie vir die ouderdom comment. Dis baie volwasse.
    lili - Posted 26 months ago
  • Hoe oud is jy??? Jy se jy is 29 jaar oud!!!

    Wel hoe kan jy dan sulke dinge kwyt raak om die Boere van DEKADES terug so sleg te se? Jy s dan niks beter as Malema nie...

    Ek haal jou aan: "Malema so verskriklik opruiend is. “Vermoor die boere, hulle is verkragters”. Sjoe. Dit mag dalk waar gewees het so paar dekades terug"

    Hoe kan jy se dit MAG DALK WAAR GEWEES HET? So jy se daar is n moontlikheid dat EK en my OUPA en OUPA-Grootjie swartvroue verkrag het??

    SIES VIR JOU!!!! As jy regtig 29 is, (jy lyk nie so jonk nie anyway) dan sal jy dit nie kan se nie, of het jy dit by jou Pa en Oupa en kie gehoor dat hulle swartvroue verkrag het?

    As jou familie se mans dit gedoen het, bv. jou Pa, hou dit dan eerder vir jouself!!
    awbyl - Posted 26 months ago
  • ek stem met jou saam, malema as jy privaat met hom gesels is hy 'n ander mens . hy doen dit om stemme te werf en om 'n pos in die anc te kry
    galoopy - Posted 26 months ago

Meet the Blogger

More From this User