Okay, so lyk my DSTV het nou (soos enige ander subskripsie kanaal) begin oorweeg om pornografie uit te saai. Ek neem aan 'n mens sal kan kies of jy daarvoor wil betaal of nie, en ek neem aan dit sal saam met allerhande veiligheidsmaatreels vrygestel word.
So ek kan nie regtig die bohaai verstaan nie. As jy nie wil porn kyk nie, moet dan nie. So eenvoudig soos dit.
En moenie nou by my kom met allerhande "maar wat van die kinders" praatjies nie. Kinders kan toegang tot pornografie enige plek kry. Maatjies, dvds, selfone, tydskrifte en... tum, tum tum... die INTERNET.
Dis baie moeiliker om bg te reguleer as wat dit sal wees om 'n wagwoord op jou TV te stel.
En buitendien - sien ek nie enige ouers kla omdat hulle kinders blootgestel word aan die vreeslikste, bloeddorstigste geweld nie. Nee wat, kyk maar gerus na die moord en doodslag - net solank julle nie na tieties kyk nie hoor!
Want dis okay:
Maar dit is nie?
Is ek die enigste een wat fout sien met die logika?
Veral as ons ministers nou al self begin om elke kaal foto of skildery as pornografie te bestempel.
A nee a. Kom by mense.