Okay, so omdat ek omtrent ‘n honderd jaar oud is (29) en ek ook die Seks Redakteur van women24.com is het ek besluit om vir my eerste post 'n bietjie advies te gee.
Seks advies nogal.
So kom ons begin by die begin:
hoe om jou virginity te verloor
Ek gaan nie preek, of vir jou sê wanneer jy dit moet doen nie - want mense doen dit in elk geval. Ek wil net 'n paar tips gee wat handig te pas mag kom as jy die groot besluit maak.
Eerstens, daar is net 3 reels:
1) Moenie met iemand seks he as hy/sy nie vir jou hot is nie.
Jy wil nie langs so iemand wakker word nie, wil jy?
2) Moenie dat een of ander idioot jou daarin boelie nie.
3) Gebruik om hemelsnaam ‘n kondoom. Swangerskap is kinderspeletjies in vergelyking met VIGS. Of gonorrhea. Of, gode behoed, genitale luise. Of crabs. Eeuw.
Ek dink ek moet nou ‘n bietjie gaan lê.
Okei, kom ons beweeg aan na lekkerder goed, voor ek my bewussyn verloor.
Kies ‘n plek
Jy’t jou hele lewe om sweterige seks in ‘n kar te he. Moet dit nie op jou eerste keer doen nie. Glo my, die rathefboom in mens se rug is nie speletjies nie.
Kry ‘n bed. Maak seker niemand gaan inkom nie. En moenie te veel worry oor goed soos kerse en roosblare nie. Dit gaan jou tien teen een net nog meer senuweeagtig maak.
Maar ambiance is belangrik. Ek ken ‘n meisie wat nou nog kla omdat sy haar maagdelikheid verloor het met Steve Hofmeyr in die agtergrond.
Nie cool nie.
Wees eerlik met die ou/meisie.
Sê vir hom/haar jy’t dit nog nooit gedoen nie. As die ander persoon al ‘n bietjie meer ervaring het sal hy weet om versigtig met jou te werk.
(As hy dit nie doen nie, skop hom op sy gat.)
Goeie reel – as die ou hoor jy is ‘n maagd en hy’s bang, mooi so. As hy te opgewonde lyk om jou “cherry to pop” sien bg tussen hakies.
Sulke tipe mans is nie lekker nie.
Vry, vry en vry nog so bietjie
Teen die tyd wat jy die daad doen, moet jy reg wees om uit jou vel uit te wil spring. Wees eerlik met die ou. Luister na jou lyf en kyk wat jy geniet.
As jy behoorlik opgewonde is voor penetrasie sal dit nie rerig seer wees nie. En buitendien, as jy nie behoorlik opgewonde is nie, behoort jy nie in die eerste plek seks te he nie. (Onthou reel 1.)
Seks is wonderlik en ons is gemaak om dit te geniet, so kry die beste daaruit. En vat jou tyd voor die tyd. Foreplay is jou vriend.
Hou dit eenvoudig
Nou is nie die tyd vir fieterjasies en allerhande uitlandiese posisies nie. Vir hierdie doelwit werk die goeie ou man-on-top die beste.
Moenie:
• Fotos neem nie. Jy wil nie he dit moet ‘n paar dae later op die internet wees nie. Jong mans is somtyds… nie lekker nie.
• Moenie worry as jy nie bloei nie. Baie meisies bloei nie.
• Moenie te veel verwag nie. As die aarde nie die eerste keer skud nie is dit nie die einde van die wereld nie. Soos met baie goed word seks beter met oefening.
• Moet dit nie doen as jy dronk of gerook is nie. Jy wil dit mos immers onthou.
So, om op te som: doen dit net met iemand wat jou van jou sinne af dryf, gebruik kondome om te toets vir seksuele siektes en ten slotte - seks met iemand vir wie jy lief is is die beste ding wat met jou kan gebeur. So moenie te haastig wees nie.