Wanneer ek ‘n man sien wat nie sy vrou op die hande dra nie, of selfs net hard met haar praat, of wanneer ‘n vrou nie trots van haar man praat nie, dan kom daar ‘n onbedwingbare begeerte by my op om vir hom of haar te sê:
“Jy behoort te weet hoekom Johny Lingo 10 koeie vir sy vrou betaal het.”
Toe ek destyds deur die Sentrale Amerika’s getoer het, wou ek die eiland Kiniwata besoek. Terwyl ek op pad was daarheen, het ek op ‘n kleinerige naburige eiland oorgeslaap. Daar het ek gevra wie sou hul aanbeveel om my te help op Kiniwata. Almal het Johny Lingo aanbeveel: Hy sou my die beste en goedkoopste losies bied, wys waar die vis die beste byt, my help onderhandel om die meeste afslag op pêrels te kry. Daarby besit hy ‘n hele klomp ondernemings wat hy self bedryf. Almal het hom hoog aangeskryf, ‘n eerlike, hardwerkende jong entrepreneur!
Maar, wanneer hul van hom praat, gee almal so ‘n skalkse laggie --- so half spottend.
Toe iemand my weer vertel hoe goed Johny kan onder......
Read Full Post